JOIN OUR MAILING LIST

Soek    

ALGEMENE VOORWAARDES EN BEDINGE

met betrekkeing tot die verhuring van die speelgrond vir partytjies of funksies te Hubbardstraat 11, Ermelo

  1. Die Partytjie speelgrond met inbegrip van die speelgoed op die terrein, afdak, tafels, en stoele word verhuur.
  2. Twee sessies waaruit gekies kan word om die Patytjie speelgrond te kan huur: maandae tot Saterdae - 9:00 tot 12:00 en/of 13:30 tot 16:30
  3. Geen verhurings op Sondae nie.
  4. Daar is sewe (7) pakkette beskikbaar en kan hieronder bestudeer word.
  5. Die volle bedrag is betaalbaar met bespreking van partytjiedatum
  6. Die eienaar van die perseel en speelgrond verskaf geen toesig tydens partytjies of funksies nie en sis die huurder verplig om toe te sien dat daar te alle tye volwasse toesig is.
  7. Opsioneel by al die pakkette is toesig wat gereel kan word teen 'n addisionele R150 per 3 ure.
  8. 'n Tafel en stoele word op die speelgrond onder die afdak reggemaak vir die partytjie. Indien die partytjiegaste van die koffiewinkel wil gebruik maak, is dit opsioneel en vir hulle eie kostes.
  9. Neem kennis dat enige kind/ers wie se ouer/ouers die koffiewinkel gebruik tydens die duur van die partytjie of funksie ook die reg het om die speelgrondten volle te gebruik, tensy Pakket 7 gekies word.
  10. Na afloop van die partytjie of funksie moet die huurder die perseel behoorlik opruim en skoonmaak en moet alle toerusting en speelgoed teruggepak word.
Terug Terug na bo