JOIN OUR MAILING LIST


Dit het baie swoeg sweet en kreatiwiteit geneem, maar die uiteinde is 'n kinder-vriendelike sentrum, wat nie net die kinders gaan beindruk nie, maar ok die kinders dolgelukkig gaan he. Die pragtige sentrum het 2 September 2013 hulle deure amptelik geopen vir die publiek.

Die inspirasie agter die Con Amore Sentrum (dit beteken "Met Liefde") is Liezel Grey ,welbekende inwoner van Ermelo. Liezel het die Plaaswerf Kleuterskool gehad. Die idee was om 'n partytjie fasiliteit te skep waar die ouers heerlik in die koffiekroeg kan kuier terwyl die kinders veilig op die speelterrein hulle harte kan uit baljaar.

Die binnenshuise versiering en dekor is alles herwin deur die oorspronklike huis se versiering te gebruik, asook van die materiaal wat Liezel uitgegooi het toe sy haar eie plaashuis gerenoveer het. Die eindresultaat is uniek, kreatief en 'n moet om te sien. Hulle het die motorhuisdeure in spieelrame verander en ou staldeure is in pragtige tafels omskep.





Terug Terug na bo