JOIN OUR MAILING LIST
Besigheidsprofiel

Die sentrum bied nie net alles en nog meer vir die hedendaagse kleuter nie, maar maak ook voorsiening om besige mammas en oumas te akkomodeer.

Die sentrum bied kinderpartytjies, asook Miki Maths, n  "Kiddies Shop" asook hemelse perels kleuter-en na-skoolsentrum.   Daar word selfs beplan aan 'n vakansie program gedurende die  2015 Desember skoolvakansie. Vir die besige mamma of ouma is daar 'n haar- en skoonheidsalon en ook die gerief van 'n koffiekroeg om te ontspan met iets om te eet of drink terwyl die kleuters op die speelgrond speel.

Con Amore spesialiseer in kinderpartytjies in Ermelo en ook funksies soos ooievaarstees en kombuistees. Daar is ook 'n "McMud" area waar daar na hartelus gebak en gebrou kan word met modder. Tente, 'n tronk en 'n boomhuis is alles op die perseel - selfs 'n "karwas". In die somer kan die kinders daardeur gaan op hulle motorfietsies - mits die weer dit toelaat.

Die sentrum spog ook met 'n "Kiddies Shop" oftewel kleuterwinkel wat spesialiseer in die Boeti & Sussi klerereeks vir kleuters, asook 'n afdeling waar die mammas enigiets kan koop om haar kleuter se kunssinnigheid te ontwikkel. Daar is SandArt, Foil art, en ander speelgoed, Die bekende Acorn-kids reeks, badverf en penne, asook Lapa boeke - in Afrikaans en Engels - en die Pitter Patter reeks kan ook hier gekoop word. Kom kyk gerus na die verskeidenheid

.

Die koffiekroeg gedeelte is daar vir die mammas om 'n bietjie stoom af te blaas terwyl hul kleuters op die speelterrein baljaar.  Liezel sal sorg dat die spyskaart vars en interressant bly deur dit gereeld te verander. Die spyskaart bestaan uit ligte etes soos geroosterde toebroodjies, quiche, fillopakkies en natuurlik die heerlikste koeke en terte. Daar is ook verskeie drinkgoed op die spyskaart om te geniet. Vir die mammas wat nog babatjies het, is daar voorsiening gemaak met 'n spesiale doekruil area.

Liezel Grey en Anel Janse van Vuren, eienaars en franchisee van Miki Maths en Lees Lab bied ook dan self die klasse by die  sentrum aan.  Kinders vanaf 3 tot 10 jaar leer en word gehelp met alle wiskunde probleme. Om meer uit te vind oor die program, skakel Anel by 071401248.

 Hemelse Perels is 'n Geregistreerde skool, wat daarna streef om van elke kind 'n meesterstuk te maak.  Ons vat kindersvan 2jaar tot Graad R in.  Kleuters kan in 'n veilige omgewing groot word.  Ons bied Christelike onderrig aan asook 'n fantastiese opvoedkundige program.  Daar is steeds oorgenoeg tyd vir speel.  By ons kry elke kind individuele aandag en ons hanteer hulle met geduld en liefde.  Daar word ook Playball en Tenniswhizz by ons aangebied.  Hemelse Perels is nie net 'n speelgroep nie maar ook  'n Nasorg Sentrum waar u kind veilig na omgesien word en waar hul baie hulp kry met hul huiswerk.  Skakel gerus vir Zelna by 0784415767 vir meer inligting

Terug Terug na bo